Die gaarmaaktyd van hierdie broodjie sal afhang van hoe groot die bakkie is waarin dit gemaak word, asook hoe sterk die mikrogolf is. Wanneer jy egter hierdie broodjie bemeester het, is alles van roosterbrood met ontbyt tot braaibroodjies saam met ‘n braai weer tot jou beskikking! Hierdie broodjie is net so lekker met grondboontjiebotter en suikervrye konfyt!
30 ml (2 E) amandel meel
30 ml (2 E) lynsaad meel
1 ml bakpoeier
15 g botter, gesmelt
1 eier
Smelt die botter in ‘n glasbeker in die mikrogolf. Laat effens afkoel en meng dan die eier daarby in. Meng die droë bestanddele by en gooi die mengsel uit in ‘n gesmeerde mikrogolfvaste bakkie (vierkantig of rond) Bedek met kleefplastiek en druk ‘n paar gaatjies daarin met ‘n vurk. Mikrogolf op hoog vir ongeveer 2 minute.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 0.6g