Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

AARBEI-CHIA KONFYT

By Leanda Retief
AARBEI-CHIA KONFYT picture

So verspot maklik om te maak - en die vesel inhoud van die chia-saad maak die Net Carb-inhoud nog laer! Chia-saad gee oor 'n natuurlike "jellierige" tekstuur aan die konfyt - hierdie gaan versker 'n wenner in jou huis wees!

200 g aarbeie, gewas en gekap
45 ml chia saad
250 ml water
30 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak

Plaas al die bestanddele in 'n kastrolletjie en roerkook oor medium hitte vir ongeveer 10-15 minute, tot die aarbeie sag en die vloeistof verdamp het. Skep uit in 'n skoon glasfles en verseel. Stoor in die yskas.
20 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.5g

Leanda se LowCarb Wenk:
Hierdie konfyt hou ongeveer 1 week in die yskas.
Jy kan ander tipe bessies (soos bloubessies, frambose of swartbessies - onthou, hulle voedinganalise verskil van aarbeie, dus kan die Net Carbs meer of minder wees) ook gebruik in plaas van aarbeie.
Hierdie resep lewer ongeveer 20 porsies van 15ml (1 eetlepel) elk.
 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp