75 g botter, kamer temperatuur
125 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
15 ml aarbei geursel
2 eiers
125 ml room
150 g amandelmeel
30 ml psyllium husk poeier
10 ml bakpoeier
pienk voedselkleursel (verkieslik gel)
Bolaag:
30 g botter, gesmelt
60 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas papierkoppies in die holtes van 'n muffinpan.
Plaas die botter, versoeter en geursel in 'n mengbak en klits met 'n elektriese klitser tot lig en romerig. Voeg die eiers en room by en klits goed.
Meng die amandelmeel, psyllium husk en bakpoeier saam. Voeg die bottermengsel stadig hierby en klits tot dit 'n gladde beslag vorm. Klits genoeg pienk voedselkleursel by die deeg in om 'n mooi pienk kleur te gee. Skep gelyke hoeveelhede van die deeg in die muffinpan. Bak vir 15-20 minute of tot die muffins gaar is.
Berei intussen die bolaag: Smelt die botter. Sodra die muffins uit die oond kom, verf die bokant van elke muffin met botter, en rol in die versoeter.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.5g