Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

AARBEI-en-AVOKADO SLAAI

By Leanda Retief
AARBEI-en-AVOKADO SLAAI picture

Ek maak graag slaaie met aarbeie en avokadopeer-variasies. Dit lyk vir my mooi, en die kombinasie is heerlik. Hierdie spesifieke slaai gaan saam met 'n kruierige koljander slaaisous - jy kan die slaaisous vervang met iets ander (of selfs gebruik vir iets anders - dit gaan goed met enige groen slaai).

100 g blaarslaai
150 g aarbeie
150 g avokado
100 g komkommer

Koljander Slaaisous:
50 g cilantro/vars koljander
125 ml olie
15 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
4 knoffelhuisies, fyngemaak

Was en kerf die blaarslaai, pak onder in 'n slaaibak. Kerf die aarbeie in repies en pak bo-op die blaarslaai. Sny die avokado in skywe (of blokkies) en voeg by - sprinkel bietjie suurlemoensap oor om te keer dat dit verkleur. Sny die komkommer in blokkies en voeg by.

Slaaisous: Plaas al die slaaibestanddele in 'n versapper (soos NutriBullet) en verwerk tot glad en romerig. Geur na smaak. Gooi die slaaisous oor die slaai en verkoel tot opdiening.

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp