Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

AMANDEL-FUDGE TRUFFELS

By Leanda Retief
AMANDEL-FUDGE TRUFFELS picture

125 ml kakao, onversoet
120 g roomkaas
15-30 ml room
30 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
2,5 ml amandel geursel
ekstra kakao poeier
gekapte neute
klapper

Plaas die kakao, roomkaas, versoeter en amandelgeursel in die mengbak van ‘n voedselverwerker en verwerk tot ‘n stywe mengsel. (Voeg room by indien die mengsel nie lekker wil bind nie.) Skep lepelsvol van die mengel uit en rol in balletjies. Rol die mengel in 12 balletjies in enige van die volgende: Kakao, klapper of gekapte neute. Laat in die yskas om te stol voor opdiening.
12 Truffels * Per Porsie * Net Carbs 0.6g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp