Maak kosblikke inpak (of Vrydagaand se burger-aand) maklik en heerlik met hierdie broodrolletjies.
180 g amandel meel
30 g psyllium husk poeier
10 ml bakpoeier
5 ml sout
37,5 ml appel asyn
3 eier witte
ongeveer 200 ml kookwater
Voorverhit die oond tot 180°C. Meng die amandel meel, psyllium husk poeier, bakpoeier en sout goed saam in 'n mengbak. Meng die eier witte en asyn hierby in. Voeg genoeg kookwater by om 'n stywe deeg te vorm. (Dit is 'n taai deeg, so maak jou hande nat met water of olie wanneer jy daarmee werk.) Vorm 5 rolletjies en plaas op 'n gesmeerde bakplaat. Bak vir 55 minute. Verwyder uit die oond en laat op 'n draadrakkie afkoel.
5 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.4 g
💕 Loer gerus na die LowCarb Kombuis se eksklusiewe Resepteboek net oor kosblikke!
Vind dit hier: https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/lowcarb-kosblik-kos/