Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

ASPERSIE NEUT-en-MOZZARELLA SLAAI

By Leanda Retief
ASPERSIE NEUT-en-MOZZARELLA SLAAI picture

Ertjies word nie gewoonlik op 'n LowCarb Dieet toegelaat nie - dit is iets wat eers later in die Dieet bygevoeg kan word. Maar die hoeveelheid ertjies is so min, dat dit nie die Net Carb-inhoud van die slaai te veel beinvloed nie en dit lyk mooi - maar jy kan dit enige tyd uitlaat as jy wil. Bedien die slaai met enige LowCarb Slaaisous - of net met 'n bietjie balsamiese asyn en varsgemaalde swart peper bo-oor.

100 g blaarslaai
200 g aspersies
30 g gevriesde ertjies
100 g pekanneut helftes
50 g mozzarella

Was en sny die blaarslaai in repe, Pak dit onder in 'n slaaibak. Sny die puntjies van die aspersies af en stoom dit in klein bietjie soutwater tot net sag. Dreineer en droog met kombuispapier af. Laat eenkant om af te koel. Pak dit bo-op die blaarslaai. Spoel die ertjies in warm water af en droog met kombuispapier af, sprinkel dit bo-oor die aspersies. Sprinkel die pekanneute bo-oor. Sny die mozzarella in repe met 'n aartappelskiller en voeg by. Verkoel die slaai voor opdiening.
4 Porsies * Per Porsie * 857kJ * Net Carbs 3.2g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp