Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

ASPERSIE-ROOMSOP

By ©️ Leanda C. Retief
ASPERSIE-ROOMSOP picture

20 g botter
100 g uie, fyn gekap
500 g vars aspersies, fyn gekerf
250 ml hoender aftreksel
125 ml room
sout en peper na smaak
knippie rooipeper, opsioneel

Verhit die botter in 'n kastrol en soteer die uie tot sag. Voeg die aspersies by, asook die aftreksel. Kook vir ongeveer 20 minute tot die aspersies sag is. Puree die sop en voeg die room by. Geur met sout en peper, asook rooipeper indien verkies. Bedien warm.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp