Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BALSAMIESE HOENDER

By Leanda Retief
BALSAMIESE HOENDER picture

heel hoender van 3 kg
10 ml droë roosmaryn, fyngemaak
3 knoffelhuisies, fyngemaak
5 ml sout
5 ml peper
100 g uie, fyngekap
125 ml hoender aftreksel
125 ml balsamiese asyn

Droog die hoender af met kombuispapier. Meng die roosmaryn, knoffel, sout en peper saam en vryf dit oor die hoender. Plaas die uie in 'n oopndbak met deksel en plaas die hoender bo-op. Meng die aftreksel en asyn saam en gooi in die bak. Bak die hoender onbedek teen 180°C vir 2.5-3 ure, en bedruip gereeld met die sappe in die bak. (Plaas die deksel op indien die hoender te gou bruin braai.) Laat staan die hoender vir 15 minute voor dit gesny word. Bedien die sous saam met die hoender. (Lewer ongeveer 250 ml sous.)
Per 100g Hoender en 30 ml Sous  * Net Carbs 3.8g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp