Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BEES BURGER PATTIES

By Leanda Retief
BEES BURGER PATTIES picture

1 kg bees maalvleis
1 eier
sout en peper na smaak
pietersielie na smaak
rissie flokkies na smaak
braaivleis-speserye na smaak
30 ml olie
worcestersous na smaak

Plaas die maalvleis in 'n mengbak en meng die eier goed daarin. Geur met sout, peper, pietersielie en rissie flokkies (indien verkies). Vorm 6 patties uit die vleis. Geur die patties deeglik met die braaivleis speserye en laat vir 30 minute in die yskas staan. Verhit die olie in 'n riffelpan. Verf die patties aan een kant met worcestersous, plaas geverfde kant na onder en braai tot bruin. Verf die ander kant van die patties ook, draai om en braai tot bruin en gaar. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.1g

Sluit by ons Gratis Whatsappgroepie aan:
https://chat.whatsapp.com/LQ7K6kFlB2zGL5QnKR5uUx

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp