Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BEESSTERT BREDIE

By ©️ Leanda C. Retief
BEESSTERT BREDIE picture

Hierdie is 'n ou Woollies-resep wat ek decarb het. Dit lewer 'n ryk bredie - ideaal vir 'n koue wintersaand. Die bredie vries goed.

30 ml olie
1,2 kg beesstert
125 g spek, in stukkies gesny
100 g uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
30 ml tamatiepasta
15 ml droë roosmaryn
125 ml droë rooiwyn
1 x 420g-blikkie tamaties
500 ml beesaftreksel
125 g knopie sampioene, in stukkies gesny

Verhit die olie in 'n groot kastrol en braai die beesstert daarin tot bruin aan albei kante. Skep uit en plaas in 'n oondvaste bak met deksel. Braai die spek, uie en knoffel in dieselfde kastrol. Voeg die tamatiepasta, roosmaryn, wyn en aftreksel by. Maak die tamaties effens fyner en voeg dit saam met die sampioene by. Kook die sous vir 8 minute en skep dit dan bo-oor die beesstert. Sit die deksel op en stowe teen 180°C vir 2 uur tot gaar en die beesstert lekker sag is. Bedien met Kamma Rys (nie bygereken).
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.3g

 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp