150 g gevriesde bessies (gemeng of een soort)
25 g vars ment blare
1 lemmetjie
30 ml lemmetjie sap
10 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak (opsioneel)
1 liter soda water/suikervrye lemonade
ys vir opdiening
Plaas die bessies in 'n versapper en verwerk tot glad. Was die ment blare en skil die lemmetjie. Sny die lemmetjie in dun skyfies. Plaas die ment, lemmetjie en bessies in ‘n groot glasbeker en gooi die versoeter oor. Gooi die sodawater/lemonade by en roer vinnig deur. Laat vir 15 minute in die yskas voor opdiening. Bedien oor ys.
5 Porsies Per Porsies * Net Carbs 3.2g