250 g gemengde bessies
125 ml suurlemoen sap
8 rooibos tee sakkies
4 liter kookwater
125 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
Plaas die bessies en suurlemoensap in ‘n kastrolletjie en verhit oor medium hitte. Kook vir 5 minute – roer dit af en toe. Verwyder van hitte. Plaas ‘n sif oor ‘n mengbak en gooi die bessies daarin. Druk dit met behulp van die onderkant van ‘n lepel deur die sif. Gooi die stukkies weg. Plaas die teesakkies in ‘n beker en gooi die kookwater bo-oor. Laat trek vir 5-10 minute en verwyder dan die sakkies. Voeg die versoeter en bessiesap by en roer deur. Verkoel. Bedien oor ys.
20 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.5g