15 ml koue water
15 ml gelatien, ongegeur
30 ml warm water
60 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
60 ml kakao
250 ml room
Gooi die koue water in ‘n koppie en sprinkel die gelatien bo-oor. Laat staan vir 1 minuut, voeg die kookwater by en roer tot die gelatien opgelos is. Laat eenkant staan om bietjie af te koel. Meng die versoeter, kakao en room saam in ‘n mengbak. Klits op medium spoed vir ongeveer 10 minute, of tot die mengsel styf en romerig is. Gooi die gelatien hierby in en klits deur. Skep die mengsel uit in 4 poeding glasies en verkoel in die yskas vir ten minste 2 ure voor opdiening.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.5g