Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BIG MAC SLAAI

By ©️ Leanda C. Retief
BIG MAC SLAAI picture

Hierdie slaai gaan een van jou groot gunstelinge word. (Ek hou daarvan om extra lean maalvleis vir hierdie slaai te gebruik, want dit word nie so vetterig as dit koud is nie.)

Maak die Slaai:
15 ml olie
500 g bees maalvleis
sout en peper na smaak
200 g blaarslaai
100 g tamatie
100 g dill agurkies
75 g cheddar, gerasper

Maak die Slaaisous:
125 ml mayonnaise
15 g dill agurkies, fyn gerasper
10 ml mosterd poeier
5 ml wit asyn
2,5 ml paprika
10 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
10 g sesame saad, opsioneel

Maak die Slaai: Verhit die olie in 'n braaipan en braai die maalvleis daarin tot gaar - probeer om dit so te braai dat die maalvleis nie te fyn opbreek nie, en groterige stukkie behoue bly. Geur na smaak met sout en peper, skep uit en laat eenkant afkoel. Kerf die blaarslaai in dun repies en plaas onderin 'n groot glasbak. Sny die tamatie in blokkies, sny die agurkies in repies en voeg by. Sprinkel die gerasperde kaas bo-oor. Bedien met die volgende slaaisous:

Maak die Slaaisous: Plaas al die bestanddele (behalwe die sesam saad) in 'n mengbak en klits dit goed met 'n draadklitser. Gooi die sous oor die slaai voor opdiening en sprinkel die sesame saad bo-oor.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.7g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp