LowCarbers is ongelooflik lief vir hulle biltong...
Die LowCarb Kombuis het in die verlede vir julle 'n treffer Biltong Sop en Biltong Slaai en Biltong Potjie gebring, en nou bring ek vir julle die Biltong Quiche! Probeer dit gerus - dis heerlik!
150 g biltong, in stukkies gesny
100 g uie, gekap
50 g rooi soetrissie, opsioneel
120 g cheddar, gerasper
8 eiers
250 ml room
sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer/spuit ‘n oondvaste tertbord deeglik. Plaas die biltong en uie (en soetrissie, indien gebruik) in ‘n mengbak. Klits die eiers en room saam en voeg by die biltong. Vou die kaas hierby in en geur na smaak. Bak vir ongeveer 30 minute tot gaar en gestol.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.5g
Leanda se LowCarb Wenk:
Jy kan meer biltong by die quiche gooi (of selfs biltong poeier as jy het ) - dit beinvloed nie die koolhidraat-inhoud van die gereg nie, maar dit maak dit wel effe duurder.
Hierdie is een van die Treffer-Resepte in die LowCarb Quiche, Soutterte en Soet Muffins Resepteboek.
Vind meer inligting hier: https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/lowcarb-souttert-quiche-en-sout-muffins/