Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BILTONG SOP

By ©️ Leanda C. Retief
BILTONG SOP picture

Tradisioneel Suid-Afrikaans! Ek het hierdie sop in Junie 2014 ontwikkel, nadat ek op die LowCarb Kombuis-blad gevra is vir 'n lekker biltongsop- en biltongpotjieresep. (Omdat biltong LowCarbers se stapelvoedsel is?) Al die biltongsop-resepte wat ek kon naslaan, het koekmeelblom of soppoeier bevat - verbode bestanddele vir LowCarbers. Die uiteinde was hierdie sop - en tot vandag toe nog een van die gewildste sopresepte op hierdie blad, en ook in my eie kombuis. 

30 g botter 
100 g ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyngemaak
200 g blomkool, in blokkies gesny
375 ml bees aftreksel
200 g gekerfde biltong (of gebruik 100 g biltongpoeier en 100 g gekerfde biltong)
250 ml room
sout en peper na smaak

Verhit die botter in 'n kastrol en braai die uie tot gaar en goudbruin. Voeg die knoffelhuisie en blomkool by. Gooi nou die aftreksel bo-oor en bedek. Kook liggies tot die blomkool sag is en puree dan tot romerig met 'n handmenger. Gooi die biltong by (hou 'n paar stukkies eenkant vir bo-oor gooi) en roer die room by. Geur na smaak en dien dadelik op.
5 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.9g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp