Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BLITSVINNIGE HOENDER SOP

By ©️ Leanda C. Retief
BLITSVINNIGE HOENDER SOP picture

Hierdie sop is deaal vir 'n koue wintersaand wanneer jy nie baie tyd het om kos te maak nie. Jy kan die sop grof/chunky hou indien jy dit so verkies, of fyn maak met 'n handmenger.

500 g hoenderborsies, in blokkies gesny
1 liter hoenderaftreksel
2,5 ml peper
5 ml droë roosmaryn
2,5 ml droë salie
5 ml sout
100 g blomkool, in stukkies gesny
30 g seldery, in skyfies gesny
50 g uie, gekap
125 ml room

Plaas al die bestanddele - behalwe die room - in 'n kastrol en bedek. Laat stadig prut vir ongeveer 30 minute of tot die hoender gaar is. Geur na smaak en roer die room by. Bedien dadelik.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.5g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp