Dié van julle wat my goed ken, weet dat ek 'n hele versameling "spesiale resepte" het - wat vinnig, goedkoop en flatervry is. Hierdie is nog een van daai "spesiale resepte". Dis ook ge-tweak om vir LowCarb aan te pas. Die resep kom uit 'n 1991 Huisgenoot-bylae oor die beste Skoolkokke in die land! Die resep vries baie goed.
20 g botter
2 kg pampoen (nie butternut nie)
1 liter hoender aftreksel
125 ml room
sout en varsgemaalde swart peper na smaak
5 ml paprika
Smelt die botter in 'n groot kastrol. Voeg die pampoen by en braai vir 5 minute. Gooi die aftreksel by en prut tot die pampoen fyn is. Voeg die room by, geur na smaak. Roer die paprika by. Maak die sop fyn met 'n handmenger. Bedien warm.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.7g