Gedink jy gaan muesli/granola mis omdat jy LowCarb? Dink weer!
120 g rou amandels
120 g pekanneute
30 g sonneblom saad
100 g klapper
125 g amandel botter
40 g lynsaad meel
10 ml vanilla geursel
45 ml klapper olie, gesmelt
100 bloubessies (vars of gevries)
Voorverhit die oond tot 100°C. Pols die amandels, pekanneute en sonneblomsaad effens fyner in 'n voedselverwerker, maar moenie fyn maal nie. Voeg die klapper, amandel botter, lynsaad, klapper olie en vanilla by en meng. Voeg die bloubessies daarby. Sprei die mengel eweredig op 'n bakplaat uit wat met bakpapier uitgevoer is. Bak dit vir 4 ure, of tot droog en bros. (Dit kan partykeer dalk bietjie langer as 4 ure neem vir die granola om bros te raak - bak dit dan langer, maar hou dit dop sodat dit nie brand nie.) Laat afkoel en bêre in 'n lugdigte houer.
Leanda se LowCarbWenk:
Dit is oorspronklik 'n Paleo-dieet resep en op die Paleo-dieet mag mens heuning eet. Omdat ons nog nie heuning mag eet tot heelwat later nie, kan jy 'n versoeter soos stevia/xylitol by die klapper olie inmeng voordat jy dit by die ander bestanddele voeg. Andersins kan jy dit net so "bitter" los en net bietjie versoeter saam opdien.
Ongeveer 650g Granola * 1 Porsie = 50 g * Net Carbs 4.8 g