Hierdie vetbomme word basies op dieselfde manier gemaak as die Sjokolade Kaaskoek Vetbomme, maar ons vervang die klapper in die bolaag met bloubessies. (Jy kan ook aarbeie gebruik indien verkies.)
Basis:
150 g room kaas, kamer temperatuur
50 g botter, gesmelt
15 ml xylitol
5 ml vanilla geursel
60 g klapper olie, saggemaak
Bolaag:
125 g klapper olie, saggemaak
50 g bloubessies
Berei die Basis: Plaas die room kaas in 'n mengbak, los die xylitol in die gesmelte botter op en voeg by. Klits goed met 'n elektriese klitser. Voeg die vanilla en klapper olie by en klits weer tot goed gemeng en glad. Verdeel die mengsel tussen 12 klein silikon muffinkoppies. (Jy kan dit ook in silikon sjokolade vorms maak - dan sal jy so 24 bomme uitkry, afhangende van die grootte van die vormpies.) Pak die muffin koppies op 'n bakplaat en plaas in die vrieskas.
Berei die Bolaag: Plaas die klapper olie in 'n mengbak. Kap die bloubessies fyn en voeg by die klapper olie. Jy kan biejtie versoeter byvoeg, indien verkies, maar die bessies is soet genoeg, dus is dit nie nodig nie. Klits goed met 'n elektriese klitser tot glad en romerig. Skep hierdie mengsel bo-op die basis-bomme en plaas terug in die vrieskas vir ten minste vier ure voor opdiening.
Stoor voorbereide vetbomme in die vrieskas in 'n lugdigte houer of ziploc-sakkie.
12 Porsies * Per Porsie * Per Bom * Net Carbs 1.0g