Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BLOUBESSIE MOJITO's

By ©️ Leanda C. Retief
BLOUBESSIE MOJITO's picture

50 g vars bloubessies
30 ml xylitol/erythritol
5 g vars ment blare
250 ml wit rum
125 ml vars lemmetjie sap
500 ml soda water
ys
vars bloubessies en ment blare vir garnering

Plaas die bloubessies en versoeter in 'n voedselverwerker en kap tot fyn. Gooi die ment in 'n beker met 1 liter volume. Kap dit met die agterkant van 'n houtlepel sodat die geur kan vrystel. Skep die bloubessies hierby in. Gooi die rum en lemmetjie sap by en meng dit goe met 'n houtlepel deur. Gooi die soda water versigtig by. Bedien dadelik op ysblokkies en garneer met vars bloubessies en ment blare.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.9g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp