250 g boerewors
15 g botter
100 g uie, fyn gekap
100 g soetrissies, in repies gesny
4 eiers
250 ml room
125 ml water
5 ml droë tiemie
knippie wit peper
80 g cheddar, gerasper
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer/spuit ‘n ronde tertbord deeglik. Maak die boerewors gaar in ‘n braaipan. Verwyder uit die pan en sny in ringetjies. Pak dit onderin die tertbord. Smelt die botter in dieselfde pan en braai die uie en soetrissies daarin tot sag. Skep dit bo-oor die boerewors. Klits die eiers, room, tiemie en peper saam. Gooi die eiermengsel in die tertbord. Sprinkel die kaas bo-oor. Bak vir ongeveer 30 minute tot die eiermengsel gestol is. Laat 10 minute afkoel voor die tert gesny word.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 6.2g