500 g bees wors
6 eiers
1 ui, in ringe gesny
sout en peper na smaak
Druk die wors uit die derms uit en verdeel die vleis in 6 ewe groot dele. Druk die wors op die bodem en teen die randte van 6 gesmeerde silikon muffinkoppies vas – die idee is dat dit ‘n bakkie vorm. Plaas die muffinkoppies in die airfryer. Airfry teen 180°C vir 15-20 minute, tot die vleis amper gaar is. Breek ‘n eier in elke bakkie en geur na smaak met sout en peper. Airfry vir ‘n verdere 8-10 minute of tot die eiers na jou smaak gaar is. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * 1276kJ * Net Carbs 1.1g
💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79