2 groot eiers
30 ml room
50 g gaar boerewors, in stukkies gesny
5 ml olie
25 g cheddar, gerasper
Klits die eiers en room en laat eenkant staan. Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die boerewors daarin tot warm. Roer die eiermengsel hierby in en roer tot gaar. Geur na smaak met sout en peper. Sprinkel die kaas bo-oor. Bedien dadelik.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 2.2g