Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BOEREWORS SOSATIES

By ©️ Leanda C. Retief
BOEREWORS SOSATIES picture

500 g dik boerewors
250 g streep spek
100 g sampioene
50 g piekel uitjies

Sny die boerewors in 3cm stukkies. Sny die spek in die helfte deur en draai ‘n stukkie spek om elke stukkie wors. Ryg stukkies wors, sampioene, piekel uitjies om die beurt op sosatie stokkies. Pak op die boonste rakkie van die oondjie en rooster tot die wors en spek gaar is. (Verf die groente gereeld met bietjie olie).
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp