Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BOLOGNESE QUICHE

By ©️ Leanda C. Retief
BOLOGNESE QUICHE picture

30 g botter
500 g bees maalvleis
100 g pampoen, fyn gerasper
100 g murgpampoentjies, fyn gerasper
400g-blik tamatie-uiesmoor
25 ml tamatie puree
125 ml room
125 ml water
4 eiers
sout en peper na smaak
100 g tamatie, in ringe gesny
100 g cheddar, opsioneel

Verhit die botter in 'n braaipan en braai die maalvleis daarin tot gaar. Voeg die pampoen en murgpampoentjies by, gooi die tamatie-en-uiesmoor oor en bedek. Prut oor lae hitte tot die groente sag en gaar is. Roerkook oor hoë hitte tot die vloeistof verdamp het (as dit te waterig is, gaan die quiche nie set nie), roer dan die tamatie puree by. Geur na smaak met sout en peper. Skep die mengsel uit in 'n gesmeerde/gespuite tertbord. Klits die room, water en eiers saam en gooi dit oor die maalvleis mengsel. Maak holtetjies met 'n vurk sodat die eiermengsel goed tussen die maalvleis kan intrek. Laat staan vir 10 minute - verhit intussen die oond tot 160 grade. Pak die tamatieringe bo-op die quiche, en sprinkel die kaas bo-oor indien jy dit gaan gebruik. Bak in die voorverhitte oond vir ongeveer 45 minute, of tot die eiers geset en die kaas gesmelt is. Laat vir 15 minute staan voor dit gesny word. 
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.5g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp