Jy kan tegnies enige vis vir hierdie resep gebruik - ek het dit al met stokvis, snoek en salm probeer. Die kombinasie borrie en mosterd mag dalk vreemd klink vir vis, maar dit werk!
5 ml mosterd poeier
5 ml borrie (turmeric)
10 ml wit asyn
2 vis filette (100 g elk)
sout en varsgemaalde swart peper na smaak
10 ml olie
100 g uie, in dun ringetjies gesny
2 knoffelhuisies, fyngemaak
Meng die mosterd, borrie en asyn saam in 'n klein mengbakkie. Plaas die vis filette op 'n glasbord en smeer 'n dun lagie van die pasta oor elke filet. Geur na smaak met sout en peper. Plaas die vis in die yskas vir 30 minute.
Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas 'n stuk aluminiumfoelie op 'n bakplaat en spuit goed met kleefwerende middel. Plaas die vis op die bakplaat en bak vir 12-15 minute, afhangende van hoe dik die vis is.
Verhit intussen die olie in 'n braaipan en braai die uie en knoffel daarin tot die uie sag en goudbruin is. Voeg die oorblywende borrie-pasta by die uie en roerbraai vir 30 sekondes tot die uie goed daarmee bedek is. Verwyder van hitte. Skep die uie mengsel oor die vis filette net voor opdiening. Bedien warm.
2 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.8g
Leanda se LowCarb Wenk:
Hierdie resep werk uitstekend in die lugbraaier/airfryer ook. Lugbraai vir so 5-8 minute, of tot die vis gaar is en maklik vlok.