Hierdie is die tipe LowCarb-Resep waarvan ek baie hou - kopkool is goedkoop en dit is heerlik wanneer dit op hierdie manier gaargemaak word. Jy kan ook gaar spek, uie en/of gebraaide sampioene hierby inmeng.
100 g botter
30 ml droë gemengde kruie
700 g kopkool, gewas en dun gekerf
sout en peper na smaak
Smelt die botter in 'n groot kastrol en voeg die kruie daarby. Voeg die kool by en braai oor medium hitte tot sag en goudbruin - dit neem ongeveer 15-20 minute. Geur na smaak met sout en peper.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.9g
Vir nog heerlike LowCarb Resepte, sluit by die LowCarb Kombuis Whatsapp-groepie aan:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79