Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BRAAI RUB

By Leanda Retief
BRAAI RUB picture

Hierdie rub is fantasties op vark en hoender - vryf 'n lekker hoeveelheid op die vleis in voordat dit gebraai word. As jy nie van baie sterk kos hou nie, kan jy die rissie vlokkies en poeier uitlaat (of dit selfs vermeerder as jy van baie sterk kos hou).

60 ml see sout
10 ml gerookte paprika
10 ml fyn swart peper
10 ml fyn komyn
10 ml knoffel poeier
10 ml uie poeier
5 ml rissie vlokkies
5 ml origanum
5 ml rissie poeier, opsioneel

Meng al die bestanddele saam in 'n bakkie. Stoor in 'n lugdigte houer in 'n donker plek.

💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep: 
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp