60 g broccoli
60 g blomkool
50 ml mayonnaise
25 g cheddar, gerasper
5 ml parmessaan, gerasper
10 g uie, fyn gekap
5 ml Dijon mosterd
knippie rooipeper, opsioneel
Smeer/spuit ‘n kleinerige oondvaste bakkie. Stoom die broccoli en blomkool in die mikrogolf tot gaar, maar nie pap nie. Dreineer indien nodig. Meng die mayonnaise, helfte van die cheddar en helfte van die parmessaan, ui, mosterd en rooipeper saam in ‘n mengbak en skep oor die broccoli en blomkool. Sprinkel die res van die cheddar en parmessaan bo-oor. Plaas op die boonste rakkie en bak teen 180°C vir 15-20 minute, of tot die gereg deurgaar en die kaas gesmelt is. Bedien warm.
2 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.7g