Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BROCCOLI-en-SPEK SLAAI

By Leanda Retief
BROCCOLI-en-SPEK SLAAI picture

‘n LowCarb weergawe van ‘n groot gunsteling!

500 g broccoli, gewas
250 g spek
100 g uie, fyn gekap
375 ml mayonnaise
15 ml xylitol, of versoeter na smaak
100 g cheddar, gerasper

Sit die broccoli in ‘n voedselverwerker en pols dit tot dit fyngekap is, maar nie krummels nie. Braai die spek in bietjie botter en laat afkoel. Meng die spek en ui by die broccoli in en skep die mengsel in ‘n opdienbak. Meng die mayonnaise met die versoeter en skep ‘n laag bo-oor die broccoli. Sprinkel die gerasperde kaas bo-oor. Laat in die yskas vir ‘n paar uur voor opdiening.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 7.6g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp