Broccoli-Hoender is een van my gunsteling wintersresepte. Maar dit is darem nie net beperk tot winter nie - dit is 'n gereg vir enige dag en 'n heerlike en maklike eenskottelgereg.
300 g broccoli
160 g cheddar, gerasper
500 g gaar hoender, in stukkies gesny
75 g uie, fyn gekap
250 ml room
60 ml mayonnaise
3 eiers
15 ml kerriepoeier
sout en peper na smaak
rissie vlokkies na smaak, opsioneel
Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer/spuit ‘n oondvaste bak. Stoom die broccoli in bietjie soutwater tot net gaar - dreineer en sny 'n bietjie kleiner. Plaas in 'n mengbak en meng dit saam met die helfte van die kaas, hoender en uie. Skep dit in die bak uit en maak gelyk. Klits die room, mayonnaise, eiers en geurmiddels saam tot goed gemeng. Gooi die mengsel bo-op die broccoli en hoender. Bak vir ongeveer 25-30 minute of tot ‘n mes skoon uit die middel van die gereg kom. Gooi die oorblywende kaas bo-or en bak vir ‘n verdere 5 minute net tot die kaas gesmelt het. Laat die gereg vir 5 minute afkoel voor opdiening.
6 Porsies * Per Porsie * 1306kJ * Net Carbs 3.0g