Hierdie gereg is ideaal vir ‘n braai in plaas van tradisionele “potato bake” – dit gaan goed saam met enige vleisgeregte.
500 g broccoli, in kleinerige stukkies gesny
250 g sampioene, in repies gesny
120 g room kaas, kamertemperatuur
175 g ongegeurde joghurt
30 ml parmessaan, gerasper
100 g uie, opgekap
75 g cheddar, gerasper
Voorverhit die oond tot 180°C. Stoom die broccoli in klein bietjie soutwater tot dit sag genoeg is om fyn te maak. Dreineer goed en gooi dit terug in die kastrol. Druk effens fyner met ‘n aartappeldrukker. Roer die sampioene daardeur. Maak die room-kaas effens warm in die mikrogolf tot dit maklik kan roer. Roer die joghurt, parmessaan en uie daarby in. Meng dit by die broccoli in. Geur na smaak met sout en peper. Skep dit uit in ‘n gesmeerde oondvaste bak en sprinkel die cheddar kaas bo-oor. Bak vir 30 minute tot die kaas gesmelt is. Laat vir 10 minute staan voor opdiening.
10 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.3g