Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BROS KOOLSLAAI

By Leanda Retief
BROS KOOLSLAAI picture

250 g kool
150 g rooi kool
50 g wortel, gerasper
50 g groen soetrissie, gekap
75 g uie, fyn gekap
125 ml mayonnaise
15 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
15 ml appel asyn
seldery sout en varsgemaalde swartpeper

Was en sny die kool en rooikool in dun repies. Plaas in 'n mengbak. Gooi die wortel, soetrissie en uie by en meng goed. Meng die mayonnaise, versoeter en asyn saam en meng dit by die kool in. Roer goed deur en geur na smaak. Verkoel vir ten minste 4 ure voor opdiening.
7 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 7.7g

💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep: 
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp