180 g cheddar, gerasper
180 g roomkaas
30 g klapper olie
5 ml knoffel poeier
2,5 ml droë dille
50 g pekanneute, gekap
15 ml droë pietersielie
Meng die cheddar, room kaas, klapper olie, knoffel poeier en dille in ‘n mengbak en roer tot goed gemeng. Geur na smaak. Plaas die mengsel in die yskas vir 30 minute, of tot effens geset. Kap die pekanneute fyn in ‘n voedselverwerker en meng dit met die pietersielie op ‘n bord. Rol balletjies uit die mengsel en rol elke balletjie in die neutmengsel. Bedien dadelik of stoor in die yskas in ‘n lugdigte houer tot gebruik.
14 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.7g