Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

COKE YSLOLLIES

By Leanda Retief
COKE YSLOLLIES picture

Ek lees nou-die-dag iemand vertel dat Cola-gegeurde Drink-o-Pop baie lekker smaak in gewone, ongegeurde joghurt. En dit laat my toe dink... Nou die uitwerk van hierdie voedingsanalise is bietjie problematies, want dit hang af hoe groot jou lollies is en wat jou Coke/joghurt ratio is. Die enigste bestanddeel hier wat koolhidrate bevat, is die joghurt. Dus moet jy net dit tel wanneer jy die lollies eet. (Coke Zero/Light en DoP bevat geen koolhidrate nie.)

Coke Light of Coke Zero
Gewone, ongegeurde joghurt
Cola-gegeurde Drink-o-Pop

Gooi Coke in die yslollie houertjies. Plaas in die vrieskas tot dit amper gevries is. Meng Drink-o-Pop na smaak in die joghurt en skep dit bo op die Coke. (As die Coke vas gevries is wanneer jy die joghurt opskep, mag dit dalk uitmekaar val wanneer jy dit uit die houertjies haal. As die joghurt effens in die amper-gevriesde Coke insak, heg dit mooi vas.) Plaas in die vrieskas tot heeltemal gestol.

Uit: LowCarb Soetgoed Roomys, Yslollies & Sorbet - Leanda C Retief
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/roomys-yslollies-en-sorbets-lowcarb-soetgoed-reeks/

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp