Meeste mense wat ek al teëgekom het, het 'n soettand. En vir LowCarbers is dit erger, want ons kan nie net aan enige soetdingetjie smul soos ons lus voel nie. Dit is om hierdie rede wat ek die Soetgoed-Reeks Resepteboeke geskryf het - om Lowcarb alternatiewe vir al daardie HighCarb soetgoedjies te verskaf. Nageregte was die derde in die reeks. Hierdie Resep is 'n voorbeeld uit Nageregte.
240 g roomkaas, saggemaak
30 ml sterk koffie, voorberei
60 ml room, plus
xylitol/erythritol na smaak
250 ml room
Plaas die roomkaas en koffie in ‘n mengbak en klits tot glad en romerig – skraap die randte van die bak af soos nodig. Gooi die 60ml room by en versoet na smaak. Klits die room styf in ‘n ander mengbak en voeg dit by die koffiemengsel – klits vinnig deur sodat dit nie volume verloor nie. Verdeel tussen 6 poedingglasies en plaas in die yskas tot opdiening. Plaas ‘n koffieboon of twee bo-op die mousse vir versiering.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.5g