15 ml olie
15 ml suurlemoen sap
300 g sampioene, gekap
100 g ui, gekap
3 knoffelhuisies, fyngemaak
6 eiers
50 g mozzarella, gerasper
Verhit die olie en suurlemoen sap in ‘n groot braaipan en soteer die sampioene, uie en knoffel tot sag. Breek die eiers bo-op die sampioene, geur met sout en peper en sit die pan se deksel op tot die eiers amper gaar is. Sprinke die kaas bo-oor, bedek weer en bak tot die eiers heeltemal gaar is
3 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.5g