Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

DODELIKE SJOKOLADE STAFIES

By Leanda Retief
DODELIKE SJOKOLADE STAFIES picture

Ek noem hierdie stafies "dodelik" - omdat dit so vrek lekker is! En dis verspot maklik om te maak! Onthou net dat as gevolg van die sjokolade, is hierdie stafies redelik hoog in Net Carbs - dus probeer die porsies maar beheer. All things considered, is dit nog steeds 'n baie beter keuse as gewone sjokolade! (Die stroop wat jy vir hierdie stafies nodig het, sal jy by gesondheidswinkels of groot apteke se gesondheidsafdeling kry.)

265 g suikervrye/90% kakao sjokolade, fyn gekap
230 g neute botter (amandel, grondboontjie, of na keuse)
125 ml xylitol stroop
60 ml klapper olie, gesmelt
125 g pekan neute, gekap
60 g pampoen saad, gekap
60 g sonneblom saad, gekap
30 g sesamsaad, gekap
60 g okkerneute, gekap
30 g amandels, gekap

Voer 'n 20x20cm vierkantige glasbak met bakpapier uit en spuit met kleefwerende middel. Plaas die sjokolade, neute botter, stroop en klapper olie in 'n kastrol en verhit oor lae hitte tot die sjokolade gesmelt is. Voeg nou die neute en sade by en meng tot goed gemeng. Skep die mengsel in die voorbereide bak uit en druk dit stewig vas. Plaas in die yskas vir ten minste twee ure om te stol. Bere die stafies in die yskas in 'n lugdigte houer.
16 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 7.2g
 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp