Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

DRIE-KAAS OMELET

By ©️ Leanda C. Retief
DRIE-KAAS OMELET picture

30 g botter

2 eiers

15 ml room

sout en peper na smaak

30 g mozarella, gerasper

30 g cheddar, gerasper

30 g feta, gekrummel

5 ml droë gemengde kruie

 

Smelt die botter in ‘n pan. Klits die eiers en room saam en geur na smaak. Gooi die eiers in die pan en bak die omelet tot amper gaar. Sprinkel die mozarella, cheddar en feta op die een helfte van die omelet. Bedek tot die kaas gesmelt is. Sprinkel die gemengde kruie bo-oor en vou toe. Bedien dadelik.

1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 2.3g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp