Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

DRINK-o-POP JELLIE

By Leanda Retief
DRINK-o-POP JELLIE picture

Hierdie jellie is een van daardie Top 10 LowCarb-resepte vir my persoonlik. Nie omdat dalk so lekker is nie, maar omdat dit so 'n lewensredder is! Een van die moeilikste dinge om van 'n HighCarb na LowCarb Dieet oor te gaan, is die lus vir ietsie soets. En veral aan die begin, wanneer mens nog leer van koolhidrate tel en waar al die verskuilde koolhidrate lê, kan mens nie dinge kompliseer met ingewikkelde resepte nie. Hierdie jellie bevat minimaal kilojoules (jy sal hulle nie eers onder 'n mikroskoop sien nie!) en geen koolhidrate nie. Sorg dat jy altyd daarvan in die yskas het en eet dit sommer met 'n lekker homp styfgeklitste room op.

1 sakkie Drink-o-Pop, enige geur
20 g gelatien
200 ml kookwater
800 ml yskoue water

Los die koeldrank en gelatien op in die kookwater. Voeg die yskoue water by en meng goed. Gooi in jellie-vormpies of individuele bakkies en laat in die yskas om te stol.
Hele Resep * Net Carbs 0g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp