Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

DUBBEL SJOKOLADE MOUSSE

By Leanda Retief
DUBBEL SJOKOLADE MOUSSE picture

Sjokolade mousse is een van die voordele van LowCarb - ons mag dit eet! Hierdie is een van my gunsteling sjokolade mousse-resepte, dalk so bietjie meer moeite, maar die moeite werd!

15 ml gelatien
125 ml warm water
240 g room kaas
5 ml vanilla geursel
30 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
250 ml room
30 ml kakao
suikervrye sjokolade, vir opdiening

Los die gelatien in die water op en hou eenkant. Klits die room kaas, vanilla en versoeter saam tot goed gemeng. Voeg die room by en klits op hoë spoed tot die mengsel lig en romerig is. Voeg die gelatien by en klits deur. Verdeel die mengsel in twee dele en klits die kakao by die een deel in. Skep lae van die lig en donker mousse in poeding- of wynglase en plaas in die yskas om te stol. Rasper suikervrye sjokolade fyn en garneer die mousse met ‘n roomrosie en fyn sjokolade voor opdiening, indien verkies.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.6g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp