Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

EEN MINUUT FRIKKADELLETJIES

By Leanda Retief
EEN MINUUT FRIKKADELLETJIES picture

Hier is 'n wenk: Maak hierdie frikkadelletjies en gooi 'n handvol daavan bo-oor jou bakkie slaai. Dit verhoog die versadigingswaarde van die slaai - en is actually 'n goedkoper opsie as om vleis saam met die slaai gaar te maak. (Dieselfde beginsel geld vir sop.)

250 g bees maalvleis
30 ml parmessaan, gerasper
10 ml braaivleis speserye, of na smaak

Meng alles goed saam en vorm klein bolletjies uit die mengsel. Pak dit ‘n entjie uitmekaar op ‘n mikrogolfvaste bord. Bedek dit met ‘n stuk kombuispapier. Mikrogolf die bolletjies op HOOG vir 1 minuut. (Indien jou mikrogolf ‘n rooster het, kan jy die bolletjies ook vinnig gaar rooster - of nog beter, maak dit in die lugbraaier gaar, dis blitvinnig en lekker bros!) Bedien die frikkadelletjies bo-op enige slaai van jou keuse, of sommernet as 'n happie tussen etes.
20 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp