Hier is 'n wenk: Maak hierdie frikkadelletjies en gooi 'n handvol daavan bo-oor jou bakkie (groente/groente room) sop. Dit verhoog die versadigingswaarde van die sop - en is actually 'n goedkoper opsie as om vleis saam met die sop te kook.
250 g bees maalvleis
30 ml parmessaan, gerasper
10 ml braaivleis speserye, of na smaak
Meng alles goed saam en vorm klein bolletjies uit die mengsel. Pak dit ‘n entjie uitmekaar op ‘n mikrogolfvaste bord. Bedek dit met ‘n stuk kombuispapier. Mikrogolf die bolletjies op HOOG vir 1 minuut. (Indien jou mikrogolf ‘n rooster het, kan jy die bolletjies ook vinnig gaar rooster - of nog beter, maak dit in die airfryer gaar, dis blitvinnig en lekker bros!) Bedien die frikkadelletjies bo-op enige sop van jou keuse.
20 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.1g