Vir dié van julle wat nie geweet het nie, ghoulash is 'n sop of bredie van vleis en (somtyds) groente, wat met paprika en ander speserye gegeur word. Dit het sy oorsprong in Hongarye, maar is ook gewild in sentraal- en Suid-Europa en Skandinawië. (Hierdie gereg vries uitstekend.)
45 ml olie
1,5 kg beesvleis, in blokkies gesny
250 g uie, in ringe gesny
30 ml paprika
800g-blik tamaties, gekap
200 ml bees aftreksel
150 g rooi soetrissies, in repe gesny
200 ml suur room, vir opdiening (opsioneel)
Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol met 'n deksel. Braai die vleis bietjie-bietjie tot bruin, skep uit en laat eenkant. Soteer die uie en knoffel in dieselfde pan en voeg dan die paprika by. Skep die
vleis terug in die kastrol. Verhit tot kookpunt en verlaag dan die hitte. Bedek en prut oor lae hitte vir 90 minute en roer dan die soetrissies by. Bedek en prut vir 'n verdere 30 minute tot die vleis gaar is en die sous effens verdik het. Geur na smaak. Bedien met 'n skeppie suur room bo-op, indien verkies.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.2g