500 g blomkool
30 g botter/olie
100 g uie, fyn gekap
50 g murgpamoentjies, gerasper
50 g pampoen, gerasper
500 g bees maalvleis
100 g cheddar, gerasper
Stoom die blomkool tot sag en gaar, maar nie pap nie, hou eenkant. Verhit die olie in ‘n braaipan en soteer die uie tot sag en goudbruin. Voeg die maalvleis by en braai tot amper gaar. Voeg die murgpamoentjies en pampoen by. Gooi bietjie water by, bedek en stoom tot die groente sag en die maalvleis gaar is. Geur na smaak. Dreineer die blomkool en maak effens fyner met ‘n aartappel?drukker, en meng bietjie room en botter by indien verkies. Geur na smaak. Skep lae in ‘n gesmeerde/ oondvaste bak: Begin met ‘n laag blomkool, dan maalvleis, weer blomkool, weer maalvleis en eindig met ‘n laag blomkool. Spinkel die gerasperde kaas bo-oor. Bak vir 15 minute teen 200°C tot deurwarm en die kaas gesmelt is.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 6.4g