250 g spek
4 eiers
250 ml room
125 ml water
5 ml droë tiemie
knippie wit peper
50 g mozzarella, gerasper
50 g cheddar, gerasper
Pak die spek op ‘n papierbord en bedek met nog ‘n papierbord of waspapier. Mikrogolf op hoog vir 2-3 minute, of tot die spek gaar (maar nie bros) is nie. Laat afkoel en sny inbstukkies. Klits die eiers, room, water, tiemie en peper saam. Gooi die eiermengsel ‘n gesmeerde/gespuite vlak tertbord. Sprinkel die spek en kaas bo-oor die eiermengsel. Mikrogolf vir 5-8 minute, of tot die eiers gestol is. Laat 5 minute staan voor opdiening.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.4g
Hierdie is een van die Treffer-Resepte in die LowCarb Maklik met die Mikrogolf Resepteboek.
Vind meer inligting hier: https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/lowcarb-maklik-met-die-mikrogolf/