30 ml olie
300 g bees maalvleis
200 g tamatie-uiesmoor
15 ml xylitol, of versoeter na smaak
sout en peper na smaak
15 ml droë pietersielie
6 eiers
Verhit die olie in ‘n braaipan. Braai die maalvleis tot gaar. Voeg die tamatie-uiesmoor, xylitol, sout, peper en pietersielie by en meng goed. Kook vir 3 minute en gooi dan uit in ‘n groot tertbord. Maak 6 holtes in die mengsel en breek ‘n eier in elke holte. Geur na smaak. Bak teen 200°C (halogeen oondjie/lugbraaier) vir 8-10 minute of tot die eiers gaar is. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.4g