Hierdie skyfies is op sy beste vars berei en dadelik geëet – dit trek klam indien dit te lank gebêre word.
500 g eiervrug
45 ml olie
1 knoffelhuisie
5 ml droë roosmaryn
Sny die eiervrug in 5mm skyfies met ‘n skerp mes. Plaas die eiervrug-skyfies in ‘n enkel laag op'n bakplaat of bord. Sprinkel sout bo-oor en laat vir 'n uur staan sodat die oortollige vog uit die eiervrug kan trek. Druk die eiervrug droog met ‘n stuk kombuispapier. Meng die olie, knoffel en roosmaryn saam en verf die skyfies aan albei kante met die mengsel. Pak in die mandjie van die lugbraaier en braai teen 180ºC vir 10 minute, draai om en braai vir 'n verdere 5 minute tot bros.
Per 50g Porsie * Net Carbs 1.1g